Texas-skieter het ongehinderd by die skool met aanvalsgewere ingestap

Vrae het ontstaan oor presies wat gebeur het op Uvalde by die laerskool waar 21 leerders en onderwysers hul lewens verloor het. Die gewapende man in die Texas-massaskietvoorval het sonder enige obstruksie van sy ouma se huis, na hy haar in die gesig geskiet het, tot by die Robb-laerskool sonder enige hindernis gestap, met sy twee AR15-aanvalsgewere en onbelemmerd toegang tot die skool gekry. Victor Escalon, die streeksdirekteur van die deelstaat se openbare veiligheids departement het dit bevestig.

‘n Ondersoek sal nou gelas word en owerhede sal ondervra word oor hoe beleid, soos byvoorbeeld dat skole gesluit moet wees, nagekom is. Intussen is Joe Garcia, wat 24 jaar lank getroud was met een van die onderwyseresse Irma, wat ook doodgeskiet is, oorlede aan ‘n massiewe hartaanval.