Terreuraanval: Pride-optog gaan voort

Die Johannesburg Pride-optog gaan die naweek voort ten spyte van Amerika se waarskuwing dat daar moontlik ‘n terreuraanval in die groter Sandton-gebied in die stad kan plaasvind. Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het die waarskuwing Woensdag uitgereik en gister ook ‘n boodskap aan burgemeester Mpho Phalatse gestuur. Verskeie ander Westerse lande het ook hulle burgers gewaarsku. Die Pride-optog se organiseerders sê hulle het wetstoepassingsagentskappe geraadpleeg en besluit om nie die 33ste weergawe van die jaarlikse geleentheid af te stel nie. Hulle sê die optog word nie regstreeks bedreig nie.