Terreur-beraad in Mosambiek

President Cyril Ramaphosa neem vandag deel aan ‘n buitengewone beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Maputo, Mosambiek. Die presidensie sê die doel van die beraad is onder meer om die voorgestelde reaksie deur die SAOG-streek en ondersteuning aan Mosambiek te oorweeg om terrorisme en voorvalle van gewelddadige ekstremisme in die provinsie Cabo Delgado te bekamp. Islamitiese staats-ondersteunde rebelle is sedert 2017 toenemend bedrywig in die provinsie.