Tennis: Rublev skakel Tsitsispas in Italië uit

Tennis: Andrey Rublev het die gesogte laaste vier van die ATP-Finals in Turyn, Italië vir die eerste keer in die vier jaar wat hy aan die toernooi deelneem, gehaal. Hy het Stefanos Tsitsipas van Griekeland Vrydagaand met 3-6, 6-3, 6-2 uitgeskakel. Die Rus kom vandag in die halfeindronde teen die Noorweër Casper Ruud te staan, terwyl die vyf-malige kampioen Novak Djokovic van Serwië met die Amerikaner Taylor Fritz kragte meet vir ‘n plek in môre se eindstryd. Tsitsipas was in 2019 die kampioen.