Tennis: Rekordverhoging in prysgeld vir ATP

Tennis: Manlike beroepspelers gaan vanaf aanstaande jaar baie meer verdien nadat die beheerliggaam, die ATP, ʼn rekordverhoging vir die 2023-seisoen aangekondig het. Die prysgeld styg met 655 miljoen Namibiese dollar tot ʼn allemintige 3,8 miljard dollar vir die ATP- en Challenger-toer. Dit kom neer op ʼn styging van 75 persent vir die Challenger-reeks. Die ATP het ook bekendgemaak die Meesters 1 000-toernooie in Madrid, Rome en Sjanghai word elk tot 12 dae verleng, met meer spelers. Die nuwe seisoen begin op 29 Desember met die United-beker-spankompetisie in Australië.