Tenkwa-ontploffing in Freetown eis 131

Die ontploffing van ‘n brandstoftenkwa verlede week in die hoofstad van Sierre Leone, Freetown, het nou 131 lewens geëis. Drie en sestig mense is steeds in die hospitaal. Die ramp het gebeur toe ‘n vragmotor teen ‘n brandstoftenkwa in ‘n nywerheidsgebied in Freetown gebots het. ‘n Skare mense het bymekaar gekom en lekkende brandstof probeer opskep, maar die tenkwa het ontplof en hulle in vlamme gehul. Die land het ‘n beroep gedoen om bloedskenkings, verbande, pynstillers en drupvloeistowwe vir die beseerdes.