Tender vir muise, rotte, weeluise en kakkerlakke in Katutura-hospitaal uitgesit

Die toestand van die Katutura-hospitaal is herhaaldelik in die nuus en terwyl daar onlangs opgraderings was, befonds deur die Motorvoertuig Ongelukke-fonds en Standard Bank, het video’s en foto’s van muise en rotte in die hospitaal in Augustus weer op sosiale media platforms verskyn. Die gesondheidsministerie het aan die media bevestig dat hy professionele dienste in die verband sal bekom om uiteindelik die probleem aan te spreek en finaal op te los. ‘n Tender in die verband het op 14 September geopen. Die tender vra vir die behandeling van weeluise, kakkerlakke, muise en knaagdiere vir ‘n periode van twee jaar. Dit het op 27 September gesluit maar, dit is nog nie bekend wanneer die suksesvolle kandidaat aangewys sal word nie, en wanneer die werk sal begin.