Ten spyte van kritiek is groenwaterstof hier om te bly
Uahekua Herunga, adjunk-sekretaris-generaal van Swapo, sê groenwaterstof is deur die Swapo-regering gebring en hulle sal voortgaan om dit te doen sodat Namibiërs daarby kan baat. Sommige opposisiepartye het dit gekritiseer sê die groenwaterstofprojek is ‘n eksperiment en die voordele word oordryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harold Schütt gesels wat sê groenwaterstof is ‘n onvermydelike deel van Namibië se toekoms.