Telecom ervaar onderbrekings in sy dienste

Telecom Namibia het te kenne gegee dat hy op die oomblik onderbrekings ervaar in beide sy mobiele- sowel as landlyndienste. Die maatskappy sê dit word gekenmerk deur uiters stadige verbindings sowel as onmiddellike onderbrekings. Tegnici is besig om ondersoek in te stel om die probleem so vinnig as moontlik op te los.