Tekort aan suurstof rede vir Floyd se dood

‘n Wêreldbekende asemhalings-kenner het bevestig dat George Floyd weens ‘n gebrek aan suurstof gesterf het. Dr Martin Tobin het vir die staat getuig in die moordverhoor van die voormalige Amerikaanse polisielid Derek Chauvin. Hy word aangekla van tweedegraadse moord sonder voorbedagte rade, derdegraadse moord en tweedegraadse manslag omdat hy sy knie langer as nege minute op Floyd se nek gehou het. Die 48-jarige Floyd is in Mei verlede jaar dood nadat hy in Minneapolis vir beweerde diefstal in hegtenis geneem is.