Teisterende straatkinders in Whk moet aangespreek word

Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers het sy frustrasie met die toenemende hoeveelheid straatkinders wat by verkeersligte in die hoofstad bedel, uitgespreek. Die kinders is herhaaldelik deur owerhede bygestaan, en die groepie wat van Gobabis afkomstig is, is ook herhaaldelik huis toe geneem, net om weer terug te keer. Hulle kan ook gewelddadig raak en teister motoriste. Motors word ook gereeld geskop wat duike en skade veroorsaak. Naude het ‘n beroep op owerhede gedoen om die probleem aan te spreek.

Hy sê hy sal ‘n brief aan die stadsraad rig in die verband in ‘n poging om oplossings te vind.