Teenkanting teen hernude omgewingsklaring-sertifikaat van ReconAfrica  

Die Economic en Social Justice Trust is gekant teen die uitreiking van ‘n omgewingsklaringsertifikaat aan die Kanadese gas- en oliemaatskappy ReconAfrica. Op 15 Junie 2022 het die Namibiese omgewings-kommissaris Timoteus Mufeti ‘n hernude omgewingsklaring-sertifikaat  aan ReconAfrica uitgereik ondanks openbare kommer oor die wettigheid van hul huidige boorprogram in die streke van Kavango-Oos en -Wes. Die trust, asook komitees van gemeenskapswoude en bewaringsgebiede gaan hul besware in April met die omgewingsministerie bespreek. Rinaani Musutua van trust sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Regshulpsentrum sal hulle verteenwoordig.