Teen-stortingaansoek oor voertuigbande is belaglik

Die internasionale handelskonsultant, XA International Trade Advisors, sê die Suid-Afrikaanse Bandvervaardigers-konferensie se teen-stortingsaansoek oor voertuigbande is belaglik. Die koste van ingevoerde bande kan met 41 persent styg indien die aansoek suksesvol is. Indien nuwe heffings op Chinese invoere ingestel word, sal plaaslike vervaardigers en handelaars die plaaslike pryse verhoog om by die ingevoerde koste aan te pas. Die organisasie se uitvoerende hoof, Donald MacKay, sê die aansoek word nog vir oorweging ondersoek.