Teen-malaria veldtog begin

Die ministerie van gesondheid het sy veldtog teen malaria, met besproeiing, afgeskop. ‘n Totaal van 21 gebiede word geteiken. Luidens die jongste syfers, was daar 13 600 gevalle van malaria in 2020 aangemeld met 40 sterftes. Die twee Kavango-streke, Zambezi en Ohangwena het 85 persent van die gevalle gehad. Die ministerie sal die streke, saam met Kunene, Oshikoto, Otjozondjupa en Oshana, besoek. Insekdoder word normaalweg om wonings, buite en binne, gespuit. Die ministerie verskaf ook muskietnette in hoë-risiko gebiede. Daar is uitdagings omdat veral inwoners in die Noorde die nette gebruik om vis te vang in die oshanas tydens die reënseisoen.