Te min geld om korrupsie te bekamp
Die regering se 1,4 miljard Namibiese dollar ontwikkelingsbegroting vir sy veiligheids- en administratiewe klusters in 2023/24 sluit in die grootste bedrag van 300 miljoen Namibiese dollar vir die bou van militêre basisse. Die kleinste bedrag van 1 miljoen dollar gaan aan die Teenkorrupsie Kommissie vir die voorkoming van korrupsie, volgens die Tender Bulletin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Brian Black, ‘n bekommerde burger en lid van die IPC-party, wat sy siening gee oor die geld wat gegee word om korrupsie in die land te beveg.