TB joshua: Venaani betuig medelye

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het sy medelye betuig met vriende, familie en die gemeente van TB Joshua en die Synagogue Church of All Nations. In ‘n verklaring sê Venaani TB Joshua was ‘n man van God en het, net voor sy afsterwe, ‘n diens gelei. Venaani sê Joshua sal onthou word vir sy filantropie en wysheid. Joshua is Saterdagaand in Lagos aan onbekende oorsake oorlede. Hy was 57.