TB in die soeklig, Wêreld TB-dag môre herdenk

Tuberkulose bly ‘n uitdaging, plaaslik en elders. Die jongste opnames toon dat Namibië 442 gevalle per 100 000 inwoners het . Intussen sê Stad Tshwane in die buurland, tuberkulose is een van die dodelikste aansteeklike siektes ter wêreld en is meer ernstig in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika, waar die agtste meeste TB-gevalle in die wêreld tans aangeteken is. Wêreld-TB-dag word elke jaar op 24 Maart herdenk. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dit is belangrik om ‘n geïntegreerde benadering te volg wat voorkoming, diagnose, behandeling en sorg insluit: