Taylor Swift verpletter weer rekords

Taylor Swift was die groot wenner by die 50ste American Music Awards wat gisteraand in Los Angeles gehou is. Sy was die wenner in al ses die afdelings waarin sy genomineer was. Dit sluit in kunstenaar van die jaar wat haar met 40 loopbaanpryse die mees bekroonde kunstenaar in die geskiedenis van die toekennings maak. Harry Styles is aangewys as gunsteling manlike pop-kunstenaar en BTS was die wenner in die afdeling vir beste duo of groep. Elton John het sy eerste AMA sedert 1988 huis toe geneem vir beste samewerking met Dua Lipa vir Cold Heart. Lionel Richie het die ikoon-toekenning ontvang.