Taylor Swift gee reuse-bonusse vir toerwerkers

Die sanger Taylor Swift het meer as ‘n miljoen Namibiese dollar se bonusse betaal aan elkeen wat op haar Eras-toer gewerk het. Sy het die Amerikaanse deel van die toer afgesluit met ses uitverkoopte vertonings by die SoFi-stadion in Los Angeles. Die meer as 50 vragmotorbestuurders het elk 1,85 miljoen Namibiese dollar ontvang. Swift het onlangs ook ‘n groot skenking aan die Second Harvest-voedselbank gemaak. Die Shomotion Trucking-maatskappy se uitvoerende hoof, Mike Scherkenbach, sê die bonusse verander die personeel se lewens: