Taxidiens vervoer Kapenaars na inentingspersele

Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer, Daylinn Mitchell, het vandag ‘n roete van Atlantis se Rooikol-taxidiens besoek wat baie inwoners met gratis vervoer help sodat hul ingeënt kan word. Mitchell sê die rooikol-taxi’s bied nou vervoer na inentingspersele in die hele provinsie vir mense wat nie toegang het tot openbare vervoer nie. Hy sê 135 minibustaxi’s bied tans hierdie diens aan en tot op hede is vervoer reeds gebied aan 8 600 passasiers.