Taxi-vereniging sê planne oor tariewe is voorgelê aan regering

Reaksie word ontvang op die verhoging in tariewe van munisipale busdienste in die hoofstad. Die stad stoot sy verskeie tariewe op 1 Augustus op met 1 Namibiese dollar. Tot op hede het die vervoerministerie aansoeke vir verhoging vir taxi’s van die hand gewys en die tarief is steeds onveranderd, al is daar ‘n stelselmatige styging in ie brandstofprys. Die Namibiese Bus- en Taxivereniging se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo sê hulle het planne aan die regering voorgelê. Hy verduidelik.