Taxi-unie gevra om na onderhandelingstafel terug te keer
Die Stad Kaapstad en sy vennote doen ‘n beroep op die taxivereniging Santaco in die provinsie om na die onderhandelingstafel terug te keer na hulle onttrek het. Die belangrikste is openbare geweld en intimidasie in die Wes-Kaapse taxistaking moet onmiddellik gestaak word. Die burgmeesterskomiteelid vir stedelike vervoer, Rob Quintas, sê daar kan nie enige vrugbare samesprekings of onderhandelings wees nie, tensy die geweld en intimidasie ophou. Hy voeg by hoewel hulle die reg op vreedsame protes-optrede respekteer, is geweld en intimidasie totaal onaanvaarbaar.