Taxi-staking in Kaasptad lei tot vertragings met afvaldienste

Die Stad Kaapstad het sy inwoners in kennis gestel dat daar vertragings met afvaldienste in die stad is weens die voortslepende taxistaking. Die betrokke belanghebbendes en die regering bestuur die kwessie. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê hierdie kwessie sal so gou as moontlik opgelos word sodat die inwoners weer die gehalte diens wat hulle verdien, kan ontvang.