Taverne-sterftes: Massabegrafnis volgende week

‘n Senior amptenaar in die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid se forensiese patologiedienste sê dit is hoogs onwaarskynlik dat gasse uit ‘n kragopwekker die dood veroorsaak het van 21 tieners wat in die Enyobeni-taverne in Scenerypark, Oos-Londen, gesterf het. Daar is vroeër berig bronne wat nie bekendgemaak is nie glo hulle het omgekom weens giftige gasse uit ‘n kragopwekker. Die woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Unathi Binqose, sê toksikologie-uitslae sal die oorsaak van dood onthul wanneer die lykskouings voltooi is. Intussen het die provinsiale regering ‘n massabegrafnis volgende Woensdag vir die slagoffers aangekondig.