Tasa: Hervatting van Qatar-vlugte na Windhoek ‘n hupstoot vir ekonomie

Die Toer- en Safari-vereniging, Tasa, het gereageer op die nasionale lugredery van Katar wat Saterdag sy vlugte na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hervat. Qatar Airways het twee jaar gelede sy kantore in Windhoek gesluit en vlugte na Namibië en ander Afrika-lande in 2020 tydens die piek van die Covid-pandemie opgeskort. Die hervatting van die Windhoek-roete is herbevestig tydens President Hage Geingob en die Amir van Katar, Sheikh Tamim bin Hamad Al Thani se bilaterale samesprekings in Doha. President Geingob en sy afvaardiging is tans in Katar vir die tweede Katar Ekonomiese Forum. Nathaly Ahrens van Tasa sê die Namibiese toerisme-sektor en ekonomie gaan ‘n hupstoot kry.