Tanzaniese romanskrywer wen Nobelprys vir Letterkunde

Die Tanzaniese romanskrywer, Abdulrazak Gurnah, is vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde. Die Sweedse Akademie sê hy word vereer vir sy onversetlike en deernisvolle uitbeelding van die gevolge van kolonialisme. Die 73-jarige Gurhan het tien romans geskryf, insluitend Paradise in 1994 wat hom die gesogte Booker-prys besorg het. Dit handel oor ‘n seun wat vroeg in die 20ste eeu in Tanzanië grootword. Gurnah beskryf die toekenning met prysgeld van 17 miljoen Namibiese dollar as ‘n totale verrassing.