Tamson is weer vandag in getuiebank vir borg

Die borgtogaansoek van Tamson Hatuikulipi duur vanoggend om tien-uur in die Windhoekse hoërhof voor. Regter David Munsu het die borgtogaansoek Dinsdag tot vanoggend uitgestel om partye toe te laat om konsultasies te doen. Dit was nadat die prokureurs wat Hatuikulipi verteenwoordig, Richard Metcalfe en Florian Beukes, aangevoer het dat die staat nie die dokumente betyds aan hulle verskaf het nie. Hulle het aangevoer dat die betrokke dokumente, waaruit die staat hul kruisondervraging teen die applikant behoort te voer, eers tydens die verrigtinge aan hulle oorhandig is.