Talle verdrinkingsvoorvalle in Suid-Afrika

Die Nasionale Seereddingsinstituut in die buurland sê lewensredders, die nooddienste en die polisie het die afgelope paar dae aandag gegee aan verskeie verdrinkingsvoorvalle in Richardsbaai, Langebaan, Table View, Kommetjie, Bantrybaai en Mosselbaai. Woordvoerder, Craig Lambinon, het ‘n beroep op die publiek gedoen om meer waaksaam rondom water te wees. Hy sê veral ouers moet seker maak ‘n verantwoordelike volwassene wat kan swem, hou die kinders dop terwyl hulle in die water is.