Talle LPM-owerhede skuld nog, maar daar is verligting aangekondig

Daar is nog ‘n hele paar plaaslike owerhede in die Suide wat in die rooi is by NamPower. Nored het ook nog nie sy rekening vereffen nie. Die kragvoorsiener sê indien die uitstaande rekeninge nie teen die spertyd van Dinsdag betaal is nie, gaan beurtkrag steeds in fases begin. NamPower sê rente sal moontlik afgeskryf word indien ooreenkomste onderteken word en betaling gemaak is. Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People’s Movement, wat meeste van die owerhede beheer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toegang van elektrisiteit…