Talle gevalle van veediefstal oor die naweek

Veediefstal blyk om onverpoosd voort te duur. Daar was vyf gevalle oor die  langnaweek aangemeld met drie skaap wat op Aranos gesteel is, ses bokke op Okahandja, ‘n os by Outjo, en op Stampriet is verdagtes betrap met vleis wat hulle gesmous het en geen verduideliking voor kon gee nie. In al die gevalle is daar arrestasies gemaak en die ondersoeke duur voort maar, op Ariamsvlei, waar 71 skaap ter waarde van 175 000 Namibiese dollar gesteel is, is daar geen verdagtes nie en die diere is ook nie teruggevind nie. Die hoof van die mag, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het onlangs gesê dat meer as 3 000 gevalle van veediefstal in drie jaar aangemeld is.