Taliban-teregstelling sonder verhoor: VN glo verslag

Die Verenigde Nasies beskryf verslae van die Taliban se teregstellings sonder verhoor in Afghanistan as geloofwaardig. Die VN se Hoë Kommissaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, sê melding is ook gemaak van ander menseregteskendings sedert die beweging oorgeneem het, insluitend beperkings op vroue en die werwing van kindersoldate. Internasionale media berig die Taliban het meisies en vroue regte beloof asook ‘n mate van die vryheid van spraak indien hulle aan bewind sou kom. Bachelet het lidlande gevra om ‘n toegewyde liggaam te stig wat menseregte in die land monitor.