Taliban stel ministers aan, Wêreldbank onttrek ondersteuning

Die Taliban het Gul Agha as minister van finansies aangestel en Sadr Ibrahim as waarnemende minister van binnelandse sake. ‘n Nuwe hoof van intelligensie en ‘n goewerneur en burgemeester vir Kabul is aangewys, berig internasionale nuusagentskappe. Intussen het die Taliban gesê daar sal geen verlenging van die sperdatum van 31 Augustus wees vir Amerikaanse troepe om uit Afghanistan te onttrek nie. Die Wêreldbank het intussen al sy befondsing vir infrastruktuur, wat 5,3 miljard Amerikaanse dollar beloop, onttrek.