Taliban stel glo swartlys op, vrees vir massa-teregstellings

‘n Verslag opgestel deur ‘n organisasie wat intelligensie aan die Verenigde Nasies voorsien, waarsku die Taliban is besig met deur-tot-deur-soektogte na mense wat vir Afghanistan se vorige regering of vir Navo-magte gewerk het. Die RHIPTO-Noorweegse Sentrum vir Globale Ontleding sê enigiemand op die Taliban se swartlys verkeer in ernstige gevaar en daar kan massa-teregstellings wees. Woorvoerder Christian Nellemann het aan internasionale media gesê baie mense word geteiken en die bedreiging is ‘n werklikheid. Wanneer mense hulle nie self oorgee nie, sal die Taliban familielede namens hulle aankeer, vervolg, ondervra en straf.