Taliban-soldate bars los op vlagswaaiende betogers

Vlag-swaaiende betogers het vandag in verskeie Afghaanse stede die strate ingevaar. Talle mense is dood toe Taliban-soldate op ‘n skare losgebrand het wat betoog teen die militante wat die hoofstad Kaboel vroeër die week ingeneem het. Volgens internasionale nuusagentskappe is verskeie mense dood tydens ‘n saamtrek in Asadabad, maar dis nog nie seker of hulle geskiet is of in ‘n stormloop wat ontstaan het, dood is nie. Taliban-soldate het gister op betogers geskiet wat die landsvlag in Jalalabad rondgeswaai het. Drie mense is in die voorval dood. Afghanistan gedenk vandag sy bevryding van Britse beheer in 1919.