Taliban se medestigter kom eerste keer in 20 jaar in Afghanistan aan

Die Taliban se medestigter en adjunkleier, Mullah Baradar, het die eerste keer in 20 jaar in Afghanistan aangekom. Hy was ‘n vooraanstaande lid van die regime toe hulle voorheen aan bewind was. Die Taliban het die land in minder as drie weke oorgeneem nadat ‘n Amerikaans-geleide koalisie onttrek het. Sedert die hoofstad Kaboel ‘n paar dae gelede ingeneem is, het die Taliban probeer om die land se burgers te verseker dat hulle nie gaan wraak neem nie. Hulle sê die stryd is verby en almal wat teen die opposisie gekant was, kry algemene kwytskelding.