Taliban neem Kadahar in Afghanistan in

Die Taliban het Afghanistan se naasgrootste stad, Kandahar, ingeneem. Die rebellegroep beheer dus nou 13 van die land se 43 provinsiale hoofstede. Die Taliban sê in ‘n verklaring hy het die goewerneur se kantoor, die polisiehoofkwartier en ander belangrike operasionele sentrums in die stad ingeneem. ‘n Senior amptenaar in die Biden-administrasie het aan internasionale media gesê die Taliban kan die Afghaanse hoofstad, Kabul binne die volgende 30 tot 60 dae totaal isoleer. Die Amerikaanse ambassade in Kabul het Amerikaanse burgers gister weer aangeraai om Afghanistan dadelik te verlaat.