Takealot-verspreidingsentrum versterk KZN-ekonomie

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, het die nuwe moderne verspreidingsentrum vir Takealot in KwaZulu-Natal bekendgestel. Die sentrum is in The Brickworks geleë – ‘n sake- en logistieke park van 157 hektaar wat deur Investec-eiendomme op die streek se ou Corobrik-fabrieksterrein ontwikkel word. Kaunda sê The Brickworks is een van die belangrikste logistieke en verspreiding-spilpunte in Suid-Afrika.