Taiwan: Xi sê Biden speel met vuur

Amerika se President Joe Biden en China se President Xi Jinping het gister meer as twee ure oor die telefoon gepraat te midde van toenemende konflik tussen dié twee lande. Xi het Biden gewaarsku om nie met vuur te speel wat Taiwan betref nie, terwyl die Amerikaanse president verklaar het Amerika is gekant teen enige eensydige optrede om die eiland se status te verander. China beskou Taiwan as ‘n wegbreek-provinsie wat deel van die land moet word en het nie die gebruik van mag uitgesluit om dit reg te kry nie.