Tabakbedryf sê alkohol rig meer skade aan

Kenners in die tabakbedryf in die buurland bevraagteken waarom ‘n wetsontwerp soortgelyk aan die Tabakwetsontwerp nie vir alkohol voorgestel word nie. Die Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan aan die parlement voorgelê word. Baie belanghebbendes in die bedryf stem saam dat alkohol meer skade aanrig as tabak. Die departement van gesondheid het ‘n reeks tabakbeheer-webinaars afgesluit met die fokus op verskeie beleide wat ontwikkel is rondom tabakbeheer in Suid-Afrika.