Taapopi tree uit as president van Nanso

Die Namibië Nasionale Studente Organisasie, Nanso, se president, Simon Taapopi, het bedank en is deur die adjunk-president Gregory Madi vervang. Luciano Kambala, die sekretaris van finansies, is as die waarnemende adjunk-president aangewys tot die nasionale kongres vroeg volgende jaar nuwe leiers kies. Taapopi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het tree uit weens beide persoonlike en professionele redes.

Taapopi sê hy is tevrede om ‘n erfenis agter te laat.