Taaldag 2021 weer in die nuus

Ter ere van Taaldag 2021 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument ʼn opwindende gratis webinaar aan waartydens verskeie kenners Afrikaans se diverse wortels en hedendaagse gedaantes sal belig. Die gesprek, onder leiding van mediapersoonlikheid Heindrich Wyngaard, vind vandag vanaf 14:00 tot 15:30 plaas. Riana Dempers, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se geleentheidskoördineerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.