Switserse maatskappy kry tender vir vraghouer-terminaal in Walvisbaai-hawe

Namport se onderbenutte en duur, nuwe vraghouer-terminaal op ‘n drywende kunsmatige eiland in die hawe van Walvisbaai, word deur kritici as ‘n wit olifant beskryf, wat nooit in die eerste plek gebou moes gewees het nie. Volgens die Tender Bulletin is die vraghouer-terminaal  aan ‘n Switserse konsessiehouer uitgekontrakteer om verskepings-volumes ‘n hupstoot te gee. Dit moet ook voldoende wins genereer waarmee Namibië se skuld van 2,4 miljard Namibiese dollar gedelg moet word vir die projek van 4,2 miljard dollar. Die tender vir die vraghouer-terminaal is aan die Switserse maatskappy Terminal Investment Limited toegeken nadat vyf maatskappye op die kortlys was.