Swartbooi sê eerste sitting was teleurstellend

Die Namibiese parlement het gister ná maande weer hervat en talle Namibiërs wou hoor wat is die eerste besprekings en mosies wat ter tafel gelê gaan word. Dit is met teleurstelling deur die Landless People’s Movement se leier, Bernadus Swartbooi begroet. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die atmosfeer was styf in die parlement en daar is selfs met die klankstelsel gepeuter sodat die publiek nie kon hoor wat opposisielede sê nie.

Swartbooi het ook gesê die kwessie oor die volksmoord sal op 21 September bespreek word.