Swartbooi sê Donderdag oor 2022

Die Landless People’s Movement het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skorsings by die Keetmanshoop-munisipaliteit vandag aangespreek sal word. Die party het na wat berig word twee raadslede geskors, vermoedelik vir die opskorting van water aan inwoners. Maar, die party sê nou dat hy die week Donderdag om 11-uur die publiek sal toespreek in die verband. Die partyleier Bernadus Swartbooi sal dan ook die party se doelwitte vir die jaar, wat die Nasionale Vergadering insluit, bekendmaak.