Swartbesigheidsnetwerk vat saak van Air Namibia werkers oor

Die voormalige werknemers van Air Namibia het ‘n ooreenkoms met die Black Business Leadership Network of Namibia, onderteken. Luidens die ooreenkoms sal die netwerk die saak van die werkers oorneem en poog om hulle terug op die regering se betaalstaat, met mediese dekking, te kry. Dit kom na die regering gesê het die skeidingspakkette van die werkers moet deur die likwidateurs betaal word en nie die regering nie. Die netwerk se voorsitter Eliphas Simon sê die werkers is nie reg verteenwoordig nie.