Swapo verloor steeds grond in plaaslike owerhede

As die onlangse uitslae van die tussenverkiesing op Swakopmund enige aanduiding is, dan verloor die regerende party steeds grond in plaaslike owerhede. Volgens die uitslae het opposisiepartye 69 persent van die stemme wat Vrydag uitgebring is, op hulle verenig, en Swapo kon net daarin slaag om 31 persent ondersteuning te kry. In die vorige plaaslike owerheidsverkiesings, was daar skok toe Swapo sy tradisionele setels van Lüderitz en Walvisbaai verloor het. Maar, talle plaaslike owerhede bestaan nou uit koalisies met roterende burgemeesters en meer, wat uitdagings bring vir ontwikkeling en dienslewering. Stad Windhoek is ‘n goeie voorbeeld met talle binnegevegte wat op die oomblik in die munispaliteit woed.