Swapo se Raad van Oudstes verwerp gay-regte

Swapo se Raad van Oudstes het in ‘n verklaring gesê hulle skaar hulle by die Swapo-Jeugliga se verwerping van gay-regte. Die kwessie waaroor tans debatteer word, handel oor die dekriminalisering van sodomie. Die Oudstes voer selfs aan homoseksualiteit is onwettig in Namibië; wat nie die geval is nie. Die Oudstes sê ook geen verskonings kan van Oudpresident Sam Nujoma geëis word vir sy homofobiese uitsprake in die verlede nie. As stigterspresident is Nujoma volgens die Oudstes geregtig op ‘n persoonlike mening oor enige onderwerp.