Swapo se nuwe president bly in die nuus

Die tyd raak min vir die soektog na die president van die Swapo-party. Daar is bewerings dat jonger politici ook daarna streef om besluitnemingsposisies in die regerende party wil vul. Dit gaan ‘n vuurwarm stryd wees om by vanjaar se Swapo-kongres ‘n kandidaat te vind om President Hage Geingob in 2025 te vervang. Die sekretaris-generaal van die Swapo-jeugliga, Ephraim Nekongo, sê Swapo het nog altyd jong mense in leierskapposisies gehad.