Swapo sê eintlik niks oor gay-huwelike

Na teenstrydige berigte in die media, het die Swapo-party ‘n persverklaring uitgereik oor sy amptelike standpunt rakende die onlangse hofuitspraak oor gay-huwelike. Die party se politburo het ooreengekom om die kwessie na die sentrale komitee te verwys vir verdere beraadslaging en besluitneming. Die party het die belangrikheid van die saak beklemtoon en Namibiërs verseker dat hy die kwessie met die grootste erns en oorweging sal benader. Die onlangse uitspraak deur die hooggeregshof oor gay-huwelike het hewige reaksie ontlok en ‘n debat in die Namibiese samelewing ontketen. Die party doen ‘n beroep op al sy lede, simpatiseerders, ondersteuners en die algemene publiek om geduld en begrip aan die dag te lê.