Swapo ondersoek nog Mungoba omkoop-kwessie

Swapo sê hy stel steeds ondersoek in na die party se jeugliga-lid in die Khomas-streek Sylas Mungoba wat aangekla is op klagte van korrupsie. Daar word beweer dat hy probeer het om die Affirmative Repositioning-beweging om te koop om protesaksies te reël vir die vrylating van die Fishrot-lot. Hy het blykbaar 8 000 Namibiese dollar in die verband aangebied. Paulus Immanuel, die party se sekretaris vir die Khomas-streek het die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.